Modernisering

In die sosiale wetenskappe verwys modernisering na 'n model van 'n evolusionêre oorgang van 'n 'pre-moderne' of 'tradisionele' na 'n 'moderne' samelewing. Die teleologie van modernisering word beskryf in teorieë wat handel oor sosiale ewolusionisme en dit bestaan as 'n sjabloon wat algemeen deur gemeenskappe gevolg is wat moderniteit bereik het.[1][2] Hoewel dit teoreties moontlik is vir sommige gemeenskappe om 'n totale ommeswaai in denke en handelswyses te toon, is daar nog geen teenvoorbeelde in betroubare bronne voorgelê nie.

Historici verbind modernisering met die proses van verstedeliking en industrialisering, asook met die uitbreiding van opleiding. Kendall (2007) merk op dat "verstedeliking modernisering en die proses van spoedige industrialisering begelei het."[3] In sosiologiese kritiese teorie word modernisering verbind met die oorbruggende proses van rasionalisering.

Die moderniseringsteorie en geskiedenis is eksplisiet gebruik as riglyne vir lande wat ywerig is om spoedig te ontwikkel, soos China. Modernisering is selfs voorgestel as die nuttigste raamwerk vir wêreldgeskiedenis in China omdat een van die ontwikkelende lande wat laat begin ontwikkel het die volgende gesê het: "China se modernisering moet gebaseer word op ervarings en lesse van ander lande."[4]

  1. Brugger en Hannan, p. 1–3.
  2. Dixon, p. 1–4
  3. Diana Kendall, Sociology in Our Times (2007) p. 11
  4. Qian, Chengdan (2009). "Constructing a New Disciplinary Framework of Modern World History
    Around the Theme of Modernization". Chinese Studies in History: 42(3):7-24.
    {{cite journal}}: More than one of |work= en |journal= specified (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search